Wat is Aksie-Volksoorlewing?

Aksie-Volksoorlewing is nie, of verteenwoordig nie, enige organisasie, denominasie of politieke party nie.

Aksie-Volksoorlewing is ‘n doelgerigte aksie (besliste optrede) deur volksgenote van die boervolk, vir die boervolk, onder leiding van God om die boervolk se oorlewing te verseker sou ekonomiese-, politieke- en/of enige ander omstandighede tot moontlike ineenstorting van infrastruktuur en/of anargie in die land lei.

Is daar dan werklik so ‘n moontlikheid?

Om te verstaan dat so ‘n moontlikheid ‘n al groter realiteit word hoef u maar net
die Woord van God te bestudeer en
wêreld- en plaaslike sake soos (op beperkte wyse) deur die verskeie media gedek noukeurig dop te hou.

Wat behels hierdie aksie?

Die inwerkingstelling van ‘n reeds ontwikkelde, weldeurdagte en gevestigde plan deur omgeegroepe in elke dorp en stad om
in opregtheid voor God te verootmoedig en
geestelik en fisies voor te berei vir onttrekking na plekke van veiligheid sou toestande dit vereis.

Kan ek lid word?

Nee. U is outomaties deel van Aksie-Volksoorlewing deur u geboorte binne die boervolk wat sy wortels in die Protestantse geloof en die gelofte van 16 Desember 1838 het. U moet net die keuse maak of u die reg gaan opeis of nie.

Hoe raak ek betrokke?

U kan enige van die volgende doen:

Vorm u eie groep en bekom ‘n plan en meer inligting deur ons te e-pos by volksoorlewing@posklip.co.za OF

SMS JOIN 1052 na 32013 OF

e-pos u naam, van, dorp en woonbuurt na inligting@volksoorlewing.co.za om met ‘n groep in aanraking gebring te word.
NEEM VANDAG NOG STANDPUNT IN VIR U VOLK EN WORD DEEL VAN AKSIE-VOLKSOORLEWING