logo3

Die AWB – AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING

Reeds in die sewentiger jare het dit duidelik geword dat die destydse Nasionale Party (NP) regering afstuur op ‘n meerderheidsregering vir Suid-Afrika. Die destydse grondwetlike bedeling was toe reeds ‘n veronregting van die Boerevolk se reg om homself te regeer in sy eie Republiek. Die destydse bedeling sou ook daartoe lei dat die Boerevolk onderdruk word soos vandag die geval is. Op ‘n koue wintersaand, 3 Julie 1973, is die AWB deur sewe jong manne in ‘n motorhuis in Heidelberg, Transvaal gestig.

Die beginsels, beleid en staatsbeskouings van die AWB berus op die oppergesag van die Drie-enige God.

Die belangrikste strewe van die AWB is die vestiging van ‘n Boerevolkstaat. Hierdie volkstaat sal gevestig word op die onvervreembare geskiedkundige aanspraak op die grondgebied van die voormalige Boererepublieke; die Zuid-Afrikaansche Republiek, die Republiek van die Oranje Vrystaat en die Nieuwe Republiek naamlik Vryheid en Utrecht.

Die Boererepublieke is deur Engeland, Holland, Frankryk, Duitsland , BelgiĆ« en deur die Verenigde State van Amerika (VSA) erken as die alleen eiendom van die Boerevolk. Die Boerevolk het ‘n volkeregtelike aanspraak op ‘n Boerestaat. Na die verlies van onafhanklikheid in 1902 (Vrede van Vereeniging) en die Unie wording in 1910 het die Boerevolk verskeie pogings aangewend om sy vryheid te herwin. Die Rebellie van 1914, die Vryheidsafvaardiging na Brittanje in 1919, verskeie pogings vanaf 1986 om in gesprek met die Staatspresident te gaan, asook versoekskrifte, oor die Boerevolk se aanspraak op vryheid, asook die pogings tot afstigting in 1994 het egter nie daarin geslaag om die Boerevolk weer vry te kry nie.

Die AWB erken ook ander volke se reg om oor hulself te regeer en eis niks meer as wat hy bereid is om aan enige ander volk te gun nie. Die AWB verwerp egter enige bestel wat daarop gemik is om volke die reg op selfbeskikking te ontneem, soos tans in Suid-Afrika in praktyk.

Besoek gerus on volledige webwerf by www.awb.co.za