(Azri’EL samestelling: Azri – Hulp en El – God dus Hulp van God – met verwysing na Verklarende Hebreüs) (hierna word verwys na die Volksgenootskap)

Die Genootskap is ‘n outonome , nie-party politiese volkseie Genootskap, deur                Blanke     Christene, uit ‘n Blanke Christelikevolk, gerig deur ‘n Bybels Gereformeerde lewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God.

In diens van die Blanke Christelike Volk, dan Vaderland en ook die naaste as skepsel van God, soos deur die Woord van God voorbehou.

Ons beskou die Blanke Christelike Volkskultuur as die handeling van die volk in gehoorsaamheid aan God, en wat die Blanke Christelike Volk onderskei van ander volke en wat die Blanke Christelike Volk se lede onderling aanmekaar verbind.

Vir die handhawing van die Blanke Christelike Volk  se taal, kultuur en identiteit. Die bemagtiging van volkseie en volksgenote en die behoud van die Blanke Christelike Volk  se regte en erfenis.

Besoek ons gerus vir baie meer inligting op ons eie webblad by www.azriel.co.za