Die CVO Skool Bethlehem is ‘n voortreflike, onafhanklike en gereformeerde volkseie instansie wat verbondskinders op alle terreine uitnemend toe rus vir hulle lewensroeping.
Die skool is geleë in Môrelig, Bethlehem, besit ons eie skoolgeboue en koshuis. Ons het onderwysers wat moeite maak met elke leerling om almal die beste toe te rus vir hulle lewenstaak. Die skool se voertaal is Afrikaans en ons bied ook Engels, Wiskunde, Wiskunde Geletterdheid, Biologie, Wetenskap, Aardrykskunde, Chritelike Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika(TT), Rekeningkunde, Bybelkunde en Rekenaartoepassingstegnologie aan.
Op Sport gebied sorg ons vir ‘n goeie balans tussen ‘n goeie gees en ‘n gesonde liggaam. Ons bied Rugby, Atletiek, Landloop en Netbal aan. Ons laat die kinders toe om aan enige ander sport, wat in die dorp aangebied word, aan deel te neem.
Die kultuur vak word ook nie afgeskeep nie, met ‘n kultuurfees waar prosa, voordrag, debat en sang hoogty vier. Skaak word deur die jaar aangebied en die kinders wat nie deurdring na die meerdere sport byeenkomste nie geniet hierdie sport terdee.
Alle Boere-Afrikaner en Godsdienstige feesade word eerbiedig en op die Godsdienstige dae is daar nie skool nie, om elke kind, ouer en onderwyser die geleentheid te bied om om hierdie by te woon en te eerbiedig
Seker die belangrikse deel van ons opvoeding, om die wete by die kinders te vestig van die totale afhanklikheid van God-drie-enig op alle gebiede van die lewe, hetsy dit akademies of op sportgebied is.
BOU IN GELOOF
Skool tel no: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
058 303 6804![]()
Skool fax no: 086 680 7774
Epos: cvobhm@telkomsa.net
Skoolhoof: Irma Botha
Sel no: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
083 661 6566![]()
epos: hoof@cvobhm.co.za
Adjunk hoof: Lizel Barrie
Sel no: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
072 335 6002![]()
epos: adjunk@cvobhm.co.za
Voorsitter Opvoedingsraad: Hennie Olivier
Sel no: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
082 770 4097![]()
epos: hennieoli@gmail.com
Straat Adres: Faure straat 5
Morelig
Bethlehem
Posadres: Posbus 895
Bethlehem
9700


