
Die Orania Beweging
Orania is ‘n dorp met twee geskiedenisse!
SABRA het reeds sedert die sestigs van die vorige eeu gewaarsku dat die Afrikaner ‘n gebied moet beset waarin hy die meerderheidstem kan uitmaak. Die enigste moontlikheid was die Noordwes Kaap.
Die Departement Waterwese het in die sestigs ‘n “opslaandorp” langs die Oranjerivier gebou om konstruksiewerkers te huisves. Na voltooiing van die kanaal het die dorp ‘n paar jaar leeg gestaan voordat die dorp in 1991 deur ‘n groep Afrikaners gekoop is vir R1,6 miljoen. Vandag is dit ‘n lewendige, groeiende dorp waar Afrikaners bou aan ‘n nuwe en opwindende toekoms.
Geen beskrywing is egter goed genoeg nie! Kom besoek die dorp en maak ‘n begeleide toer mee om eerstehands te sien wat hier gebeur. Hierdie diens word deur die Orania Beweging (die Beweging vir ondersteuners van Orania) aangebied. U kan ook ons inligtingskantoor skakel vir ‘n volledige inligtingspakket.
Skakel op een van die volgende maniere:
Orania Beweging 053 2070 057
Dorpskantoor 053 2070 064
E-pos: inligting@orania.co.za
Webwerf: www.orania.co.za

