![]()
Oranjekas is ‘n Spaar en Krediet-koöperasie wat in die finale fase van registrasie is. Registrasie is al in beginsel goedgekeur, en dit stel ons in staat om spaarrekeninge vir ons kliënte oop te maak. ‘n SKK is ‘n demokratiese, unieke, lede-gedrewe, selfhelp Koöperasie. Dit word besit, beheer en bestuur deur die SKK se lede wat ‘n gesamentlike doel het. Die lede het ooreengekom om hul geld in die SKK te spaar, en dan die geld te gebruik vir lenings aan lede teen ‘n redelike rentekoers. Rente word gehef teen die lenings, om die beleggings se rente te dek, asook vir die administrasie en bestuur van die SKK. Daar word geen winste uitbetaal aan buite-instansies nie en die besluit oor wat om met die winste te maak, berus by die lede.
1. • Word nou deel van Oranjekas deur aandele op te neem en so u lidmaatskap te bevestig. Minimum aandele wat bekom kan word is 5 @ R100 elk. Skakel ons gerus vir meer inligting.
2. • Oranjekas poog om ‘n volkseie instelling te word deur te registreer as ‘n Koöperatiewe Bank. Wys u ondersteuning deur met ons besigheid te doen!
3. • Hoe meer mense direk by Oranjekas spaar en belê, hoe vinniger kan ons u al die dienste bied wat enige kommersiële bank u kan bied.
4. • Sodra die registrasie finaal deur is, gaan Oranjekas ook lede in staat stel om kort- en langtermynlenings te kan bekom.
5. • Spesiale tariewe kan beding word deur Volkseie organisasies wat rekeninge wil oopmaak.
6. • Help ons bou aan ‘n toekoms vir die Afrikaner deur ‘n Volkseie ekonomie te vestig!
‘n Minimum van 5 aandele word benodig om aan te sluit by ons Koöperatiewe Bank, teen ‘n prys van R100 elk. ‘n Jaarlikse administrasiefooi van R50 is ook betaalbaar, plus seëlgelde vir die aandele.
Vir slegs R 551.25 kan u dus mede-eienaar word van die
Oranjekas Koöperatiewe Bank
Besoek gerus ons Webwerf vir volledige besonderhede en geleenthede om beleggings te maak.
