sege

SEGE (akroniem vir “Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis”) is in 1982 gestig. Die organisasie bestaan uit ‘n vrywillige assosiasie van volksbehoudende Afrikaners en vereenselwig hom met die Afrikanervolk se kultuurwaardes en vryheidstrewe.

SEGE hou hom besig met die verkryging van die inligting oor die gebeure van die dag. In die proses word daar onder andere kundige gasprekers uitgenooi en vind daar bespreking plaas.

Die organisasie beywer hom ook om onwaarhede wat in die populêre openbare media verskyn te identifiseer; so ook misleiding deur woordroof en halwe waarhede wat ten doel het om sekere oogmerke te bereik wat tot nadeel van die Afrikanervolk strek.

Spesiale projekte, wat in belang van die Afrikaner se volks- en kultuutstrewe is, word van tyd tot tyd geïdentifiseer en op gepaste wyse deurgevoer.

SEGE wil sover moontlik met ander Afrikanerorganisasies, wat dieselfde ideale deel, saamwerk en beywer hom vir groter eensgesindheid onder volksgenote wat hulle met soortgelyke doelstellings binne volksverband vereenselwig.

Besoek Gerus ons eie webwerf.