upe4ed1upe54upe4e21

.

Persverklaring: “Droom van my”

Sonja ontpop in gewilde Diva

Sonja se taalgebruik is suiwer en sy kies elke woord met presiesie. Ek weet Andries Pretorius sou erg trots gewees het op hierdie jong Afrikaanse afstammeling met die engelstem en hart. “My waardes en etiek is nie onderhandelbaar nie” vertel Sonja toe ek haar uitvra oor haar lewe as ‘n tiener in die koshuis. “Dit was een van die beste tye in my lewe en dit het my baie geleer oor onafhanklikheid. Ek was nog nooit ‘n rebel nie maar het nie saamgestem dat almal gestraf moet word as een kind iets onbehebbliks aangevang het nie.”

My ouers het my nog altyd ondersteun as individualis maar was en is altyd daar vir my wanneer ek raad nodig het.” Hulle help my ook om my loopbaan suksesvol te bestuur. Verder is “modeslaaf” beslis ook nie ‘n stempel wat op die Diva se kop afgedruk kon word nie. ” Not made in China” is veel nader waarheid wanneer dit by die jong dame kom. Sonja se smaak is soos die van ‘n moderne Sneeuwitjie … altyd stylvol met die ” magic” van ‘n sprokieprinses.

Blackie Swart het Sonja se eerste album ” Twee plus Twee” die lig laat sien en haar bygestaan as jong proffesionele kunstenaar. ” Droom van my ” is ons moderne sneeuwitjie se tweede album waarop sy met trots material uit haar eie pen kon laat vloei en opneem.

” My vertonings is positief en ek deel my liefde vir my land en sy mense deur my sang talent. Dis ‘n voorreg om voor gehore te kan staan en te doen wat my die grootste plesier gee … SING! “Jy is te flou vir my ” is ‘n tong in die kies liedjie wat die kansvatters op hulle plek sit lag Sonja. ” Nee, ek is nie feministies nie maar ‘n groot Romantikus wat glo dat elke meisie ‘n Prins het.

Ander liedjies soos ” Skip van geluk”, “Een noot wysie”, ” Laaste kans”, “SĂȘ net ja of nee” en ” Liefde in ‘n sakkie” is van die liedjies wat reeds groot opslae maak by haar gehore. Die duet saam met Ricky Conn verras mens aangenaam en val goed op die oor.” Jy’s my trane nie werd ” is reeds op verskeie Radiostasies se treffesparade asook die liedjie “Een noot Wysie .”

RMD het die spog produk op die rakke geplaas in Julie en verwelkom die “bloubloed” prinses in hulle stal. ” Sy is ‘n aanwins vir ons land en sy berdryf.

RMD het sopas ‘n Video opname van die trefferliedjie ” Jy’s nie my trane werd ” opgeneem wat

reeds Radio IFM se Top 30 en Overvaalstereo en Daantjie Dinamiet Top 20 behaal het en groot aanhang van haar ondersteuners geniet.Sonja is tans Nr 11 op Daantjie Dinamiet se Top 30.Die Video word tans deur KykNET gebeeldsend en ook deur Jukebox.

Eens op ‘n tyd kon mens die blondekop met Jelly Tots omkoop maar haar droom om met haar ouma se diamantring in ons land se eie superbowl te gaan sing sal sy vir niks verruil nie!!

ALBUM NAVRAE; RMD – (011) 823 – 1771

Skakelbeampte : Gerhard Lochenberg Tel 018 6730399 epos : sonjaloch@xnets.co.za